Gauteng-misdaad: Daar's nie werktuigkundiges vir polisie-voertuie nie

--:--
Die DA sê misdaadvoorkoming in Gauteng word belemmer weens die tekort aan werktuigkundiges by polisie-werkswinkels. Die premier Panyaza Lesufi het vroeër bevestig daar is 110 vakante poste vir werktuigkundiges wat lang vertragings met die herstel van polisievoertuie veroorsaak. Crezane Bosch van die DA waarsku stukkende voertuie wag reeds tot 'n jaar lank in werkswinkels, wat gemeenskappe in gevaar stel:
12 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inligting-oordrag kritiek in vinnige veranderende wêreld

Tydens die Effektiewe Kommunikeerders-konferensie in Windhoek het die inligtingminister, Emma Theofelus, beklemtoon dat kommunikasie in die vinnig veranderende, onsekere digitale era noodsaaklik is om die nasie se toekoms te vorm. Sy benadruk die belangrikheid van betroubare inligting-oordrag.
18 Jul 2AM 1 min

Brad Binder sien uit na Tsjeggië

Brad Binder van Suid-Afrika sê hy sien uit na die naweek se Grand Prix in Tsjeggië wat na vyf jaar weer in Brünn aangebied word. Die KTM-renjaer het die wedren in 2020 in dié stad in slegs sy derde MotoGP gewen. Die 29-jarige Binder het tot dusver ʼn moeilike seisoen…
18 Jul 2AM 1 min

Britte kan nou op 16 stem

Terwyl AR-leier Job Amupanda reeds so ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê het, het die Verenigde Koninkryk die stemouderdom van 18 tot 16 verlaag, in die grootste hervorming aan die verkiesingstelsel sedert 1969. Sky News se Sophy Ridge verduidelik hoe die verlaging van die stemouderdom voor die volgende…
18 Jul 1AM 1 min

Miljarde verhaal in staatskapingsvervolgings

President Cyril Ramaphosa sê miljarde rande is verhaal in staatskapingsvervolgings, 'n aanduiding van vordering met die herstel van aanspreeklikheid en vertroue in regeringsinstellings. Ramaphosa het in sy reaksie op die begroting van die Presidensie die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid se pogings geprys om korrupte individue te vervolg en…
18 Jul 1AM 1 min

AU gee aandag aan werkloosheid in Namibië

Die Afrika-unie se Afrika-eweknie-oorsigmeganisme het 'n verslag oor werkloosheid in Namibië voltooi na streeksraadplegings, wat in die Khomas-streek geëindig. Die voorsitter van die Khomas-streekraad, John Moonde, sê die verslag is daarop gemik om die regering te help om bestuur en dienslewering te verbeter. 'n Landoorsigverslag oor ekonomiese bestuur en ontwikkeling…
18 Jul 1AM 1 min