SA beplan biosekuriteitsraad vir BKS

--:--
Die Kabinet sê hy het vinnig opgetree teen 'n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer, met inperkingsmaatreëls wat reeds in plek is. Die Departement van Landbou het meer as 900 000 dosisse entstof bestel, met die eerste besending wat binnekort verwag word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê plase wat geraak is in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is onder kwarantyn geplaas, en die beweging van vee word beperk:
13 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goudraffinadery nie plaaslik ekonomies vatbaar

John Roos, landsbestuurder van B2Gold Namibia, sê 'n plaaslike goudraffinadery is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Hy het gereageer op die Bank van Namibië se plan om plaaslike goud vir reserwes te gebruik. Roos verduidelik.
7 Jul 11AM 1 min

Herwinningskopers moet registreer in Kaapstad

Die Stad Kaapstad raai alle herwinnings-terugkoopsentrums aan om voor 31 Julie vir akkreditasie te registreer om boetes te vermy. Dit is ondernemings wat herwinbare materiaal van afvalversamelaars en herwinningsdiensverskaffers koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinningsentrums speel 'n belangrike rol in Kaapstad se sirkulêre ekonomie:
7 Jul 11AM 1 min

Old Mutual bevorder finansiële vaardighede met meestersklas

Old Mutual Namibia het 'n gratis finansiële opvoedingsmeesterklas bekendgestel. Twee streke sal gekies word vir die eerste sessies in September en Oktober vanjaar. Die program is daarop gemik om finansiële vaardighede landwyd te bevorder en word volgende jaar na alle streke uitgebrei. Mignon du Preez, die volhoubaarheidsbestuurder by Old Mutual…
7 Jul 10AM 1 min

Risiko van bek-en-klou 'nog nooit so hoog'

Die veeartsenydirektoraat het biosekuriteitsbeheer by grensposte verskerp na 'n toename in bek-en-klouseergevalle in buurlande, met die doel om Namibië se veebedryf teen potensiële uitbrekings te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die risiko was nog nooit so hoog nie.
7 Jul 10AM 1 min