Die vermeende daggaboere van Hochveld, David van der Linden en Armand Schultz, en 'n werker sal vanaf môre tot Donderdag ‘n formele borgaansoek in die laerhof op Okahandja bring. Gemeenskapslede sal môre 'n vreedsame demonstrasie in Okahandja hou, waar hulle die hof versoek om borgtog te weier. Kosmos 94.1 Nuus…
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is slaggereed om vanaand hulle Afrikabekertitel vir Vroue te begin verdedig teen Ghana in Marokko. Suid-Afrika, wat tweede op Afrika se ranglys is, speel ook in Groep C teen Mali en Tanzanië. Die Ghanese is terug in die kompetisie na 'n…
ActionSA het aan die Parlement se speaker, Thoko Didiza, geskryf en ʼn dringende debat gevra oor die krisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die groter strafregstelsel. Die volg na verdoemende bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy beweer daar is politieke inmenging, insluitend deur die Polisieminister, Senzo Mchunu, in…
Die oorstromings in Texas se dodetal styg steeds met die jongste syfers wat aandui 82 mense is dood. Intussen kom president Donald Trump se administrasie onder skoot omdat soveel as as 1 155 chemici, bioloë, toksikoloë en ander wetenskaplikes, omtrent 75 persent van die land se omgewingsagentskap afgedank is met…
Namfisa het 'n gebruikersvriendelike, veeltalige webwerf bekendgestel om finansiële geletterdheid te bevorder en Namibiërs te bemagtig om ingeligte finansiële besluite te neem. Dit dek onderwerpe soos versekering, pensioene en beleggings, en sluit interaktiewe gereedskap en die digitale gelukbringer Tulonga in. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.