Omaheke bederf met Junie-reën

--:--
Terwyl die kus deur oosweer en wind van tot 35 km per uur gelooi word, word berigte van mildelike reën uit die dele van die Omaheke-streek ontvang. Dit het vanoggend omstreeks 07:30 reeds sowat 50 km suid van Gobabis begin reën, terwyl sosiale media berig neerslae het ook in die Leonardville-omgewing en die Epukiro-kiesafdeling uitgesak. Kosmos 94.1 se Marcel Theron is op ‘n plaas in die Gobabis-omgewing en het dié stemgreep gestuur:
14 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goudraffinadery nie plaaslik ekonomies vatbaar

John Roos, landsbestuurder van B2Gold Namibia, sê 'n plaaslike goudraffinadery is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Hy het gereageer op die Bank van Namibië se plan om plaaslike goud vir reserwes te gebruik. Roos verduidelik.
7 Jul 11AM 1 min

Herwinningskopers moet registreer in Kaapstad

Die Stad Kaapstad raai alle herwinnings-terugkoopsentrums aan om voor 31 Julie vir akkreditasie te registreer om boetes te vermy. Dit is ondernemings wat herwinbare materiaal van afvalversamelaars en herwinningsdiensverskaffers koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinningsentrums speel 'n belangrike rol in Kaapstad se sirkulêre ekonomie:
7 Jul 11AM 1 min

Old Mutual bevorder finansiële vaardighede met meestersklas

Old Mutual Namibia het 'n gratis finansiële opvoedingsmeesterklas bekendgestel. Twee streke sal gekies word vir die eerste sessies in September en Oktober vanjaar. Die program is daarop gemik om finansiële vaardighede landwyd te bevorder en word volgende jaar na alle streke uitgebrei. Mignon du Preez, die volhoubaarheidsbestuurder by Old Mutual…
7 Jul 10AM 1 min

Risiko van bek-en-klou 'nog nooit so hoog'

Die veeartsenydirektoraat het biosekuriteitsbeheer by grensposte verskerp na 'n toename in bek-en-klouseergevalle in buurlande, met die doel om Namibië se veebedryf teen potensiële uitbrekings te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die risiko was nog nooit so hoog nie.
7 Jul 10AM 1 min

Infrastruktuur bemoeilik uitvoere, ook van SME's

Namibië se deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom en daar was kritiek omdat SME’s nie werklik voordeel trek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat oor die belangrikheid daarvan dat SME's ook deelneem en dat waardetoegevoegde produkte uitgevoer…
7 Jul 10AM 1 min