Langer Heinrich help CAN met borskankerkliniek in Swakopmund

--:--
Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs 'n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.
17 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Old Mutual bevorder finansiële vaardighede met meestersklas

Old Mutual Namibia het 'n gratis finansiële opvoedingsmeesterklas bekendgestel. Twee streke sal gekies word vir die eerste sessies in September en Oktober vanjaar. Die program is daarop gemik om finansiële vaardighede landwyd te bevorder en word volgende jaar na alle streke uitgebrei. Mignon du Preez, die volhoubaarheidsbestuurder by Old Mutual…
7 Jul 10AM 1 min

Risiko van bek-en-klou 'nog nooit so hoog'

Die veeartsenydirektoraat het biosekuriteitsbeheer by grensposte verskerp na 'n toename in bek-en-klouseergevalle in buurlande, met die doel om Namibië se veebedryf teen potensiële uitbrekings te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die risiko was nog nooit so hoog nie.
7 Jul 10AM 1 min

Infrastruktuur bemoeilik uitvoere, ook van SME's

Namibië se deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom en daar was kritiek omdat SME’s nie werklik voordeel trek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat oor die belangrikheid daarvan dat SME's ook deelneem en dat waardetoegevoegde produkte uitgevoer…
7 Jul 10AM 1 min

IDF doen wat hulle wil in Gaza: Israelse soldaat

Die kwessie van oorlogsmisdade in Gaza bly in die nuus, veral met die daaglikse sterftes van Palestyne wat na voedselverspreidingspunte gaan. ‘n Soldaat in die Israeliese weermag het met SkyNews gepraat oor hulle optrede. Hy is drie keer na Gaza ontplooi en sê elke bevelvoerder maak sy eie reëls. Hy…
7 Jul 9AM 1 min

Okahandja-gemeenskap staan 'daggaboere'-borgtog teen

Die vermeende daggaboere van Hochveld, David van der Linden en Armand Schultz, en 'n werker sal vanaf môre tot Donderdag ‘n formele borgaansoek in die laerhof op Okahandja bring. Gemeenskapslede sal môre 'n vreedsame demonstrasie in Okahandja hou, waar hulle die hof versoek om borgtog te weier. Kosmos 94.1 Nuus…
7 Jul 9AM 1 min