Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor 'samewerking'

--:--
Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom na die Elektrisiteitsbeheerraad NamPower se gemiddelde grootmaattariefverhoging van 3,8 persent goedgekeur het, wat op 1 Julie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb.
17 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

APS formeel gesertifiseer deur die NSI

Africa Personnel Services is deur die Namibiese Standaarde-instelling met die ISO 9001:2015-gehaltebestuurstelsel sertifisering bekroon, wat 'n belangrike mylpaal in hul verbintenis tot diensuitnemendheid in werwing en personeeluitkontraktering aandui. Die sertifisering dek die maatskappy se kantore in Windhoek, Walvisbaai en Lüderitz. As een van slegs 28 gesertifiseerde organisasies in Namibië, sluit…
10 Jul 6AM 1 min

Rise vra vir ondersoek-kommissie na KZN-aantygings

Rise Mzansi sê die parlementêre ondersoek na bewerings van politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie genoeg nie, en moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend in te tree. Die party vra vir ’n kommissie van ondersoek, onder leiding van ’n afgetrede regter, om die aantygings wat polisiekommissaris, Nhlanhla…
10 Jul 6AM 1 min

Bestuurskenner sê oor Namcor se geldsake en onreëlmatighede

Namcor bly in die nuus, vir al die verkeerde redes. Behalwe vir onreëlmatighede, lyk sy finansies bedroef en het hy in sy 2022/23-boekjaar ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar gely. Dit kom na die nasionale oliemaatskappy verlede jaar 'n reddingsboei van 1,2 miljard dollar van die…
10 Jul 6AM 1 min

Inflasie vir Junie bekend, alles is op

Hooflyninflasie in Junie het op 3,7 persent ingekom, effe hoër as Mei se 3,5 persent. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer.
10 Jul 6AM 1 min

Kenner reageer op kommer oor elektrisiteitsekerheid

Reaksie kom in oor die kommer van die drie parlementêre staande komitees oor die land se energietoekoms. Die energie-uitdagings verg vinnige en beslissende optrede, veral oor voortdurende kragbeperkings en hoë invoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt.
10 Jul 6AM 1 min