Meatco-voorsitter bedank, sê inmenging die oorsaak

--:--
Meatco is weer in chaos gedompel. Die voorsitter van die direksie, Sakaria Nghikembua, het sy bedanking by die maatskappy bevestig en verwys na inmenging en pogings om die direksie te dwing om onwettige opdragte te laat implementeer. In April, net 'n week nadat die nuwe regering aan bewind gekom het, het die kabinet druk uitgeoefen om 'n omstrede besluit van die vorige administrasie te implementeer om voormalige Meatco-uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, 'n nuwe kontrak by die maatskappy aan te bied. Sy prestasie by die maatskappy was uiters swak en oud-lynminister Calle Schlettwein het ook daarteen gewaarsku. Die direksie is omseil en 'n regsopinie van die prokureur-generaal geïgnoreer wat verklaar dat die kabinet geen wettige magtiging het om 'n kontrak aan die vorige uitvoerende hoof aan te bied nie. Kosmos 94.1 Nuus het in April met bestuurskenner dr. Marius Kudumo oor die aangeleentheid gepraat.
18 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min