Etosha se grens is kritiek vir bewaring, boerdery

--:--
Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining is in 2012 begin en nog net 185 kilometer is voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat die belangrikheid van die grensdraad onderstreep.
20 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oshakati watersuiweringsaanleg-projek skop af

Die sooispit seremonie vir die Oshakati watersuiweringsaanleg verlengingsprojek het vandag plaasgevind. Die belangrike waterinfrastruktuur-inisiatief sal die voorsiening van skoon water in die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke aansienlik verhoog. Die nuwe aanleg sal 50 000 kubieke meter per dag byvoeg tot die huidige behandelingskapasiteit van 40 000 kubieke meter per dag…
17 Jul 11AM 1 min

EU probeer handelsoorlog met VSA voorkom

Die Europese Unie berei 'n pakket tariewe voor wat op goedere ter waarde van 84 miljard Amerikaanse dollar teen die VSA gehef sal word, terwyl hy pogings verskerp om 'n handelsooreenkoms te bereik en 'n trans-Atlantiese handelsoorlog met president Donald Trump te voorkom. Dit kom na president Donald Trump 30…
17 Jul 11AM 1 min

Speaker moedig vroue aan om ander vroue te bemagtig

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê dat vroue in leierskap, beide binne politieke partye en in die parlement, 'n verantwoordelikheid het om 'n omgewing te skep wat breër vroulike deelname aan die politiek en die samelewing aanmoedig. Sy het tydens die Kapasiteitsbouwerkswinkel vir Vroue in Politiek en…
17 Jul 10AM 1 min

Dis weer Brandberg Backyard Ultra-tyd!

Die vierde Brandberg Backyard Ultra is terug. Elke uur moet atlete net meer as 6,7 kilometer aflê net om op die volgende uur weer die loep te voltooi tot die laaste atleet die laaste loep voltooi. Die wedloop, wat by Brandberg Rest Camp aangebied word, ondersteun ook bewaringsprojekte. Kosmos 94.1…
17 Jul 10AM 1 min

Shell se olie-produksie belofte goeie nuus vir die land

Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Shell het tydens 'n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah planne bevestig om tegniese struikelblokke te oorkom en produksie te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie…
17 Jul 10AM 1 min