Outa sê onetiese en swak leierskap verniel plaaslike owerhede

--:--
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer as die helfte van munisipaliteite is bankrot of wankelrig, met swak dienslewering, stygende skuld en mislukte infrastruktuur:
20 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ysland se ondersoek na Samherji sal nie die Fishrot-saak raak nie

Meer reaksie word ontvang op die Yslandse distriksaanklaer wat sy ondersoek na die visserye-maatskappy Samherji se aandeel in Fishrot voltooi het. Volgens 'n Yslandse ondersoekende program, Kveikur, sluit misdade wat plaaslik gepleeg is in geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die plaaslike Fishrot-hofsaak is geskeduleer om in Augustus te begin. Toni Hancox,…
8 Jul 3AM 1 min

Banyana skop Wafcon met 'n wen af

Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het die Afrikabeker-vrouetoernooi op ʼn goeie noot afgeskop met ʼn 2-0-oorwinning oor Ghana in Marokko. Linda Motlhalo het met ʼn strafskop geslaag voordat Jermaine Seoposenwe die tweede doel in die eerste helfte bygevoeg het. Die Suid-Afrikaners begin dus die toernooi met die maksimum punte. Banyana…
8 Jul 3AM 1 min

Skok oor verslag wat rassediskriminasie in gesondheid vind

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar is geen plek vir diskriminasie in die gesondheidsorgsektor nie. Dit volg ná 'n Artikel 59-verslag deur Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, wat mediese skemas soos Discovery en die mediese fonds vir staatsamptenare se rassepartydigheid teen swart gesondheidsorgverskaffers bevestig. Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers veroordeel die…
8 Jul 2AM 1 min

Trump kondig eerste tariewe aan, dreig 25% as daar vergelding is

Amerikaanse president Donald Trump het 'n tarief van 25 persent op invoere vanaf Japan en Suid-Korea vanaf 1 Augustus aangekondig, terwyl hy die eerste twee van 'n verwagte 12 briewe aan handelsvennote op sy Truth Social-platform onthul het. Hy het bygevoeg dat as hulle besluit om hul tariewe op Amerikaanse…
8 Jul 2AM 1 min

Al hoe meer IDF soldate praat oor gruweldade

Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van 'n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak…
8 Jul 1AM 1 min