
Airlink Pumas goeie leerskool vir Welwitschias
--:--
Namibië se Welwitschias het Saterdagmiddag voor die golf van die gedugte Airlink Pumas in die Hage Geingob Stadion in Windhoek geswik. Die Pumas het dié vriendskaplike wedstryd met 59-19 gewen. Onderkaptein Danco Burger sê daar was meer positiewes as negatiewes in die wedstryd en dat die Welwitschias op die regte pad is. Jessica Thomas van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met hom gepraat: