
Groen energieplan groot werkskepper
--:--
Die ministerie van elektrisiteit en energie sê die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-meesterplan sal industrialisasie en vaardigheidsontwikkeling in die hernubare energiesektor aanmoedig. Die plan, wat verlede week gedurende die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad bekend gestel is, beoog om plaaslike vervaardiging te ondersteun, die waardekettings vir batteryberging uit te brei en die inklusiewe deelname in energie-oorgang te bevorder. Adjunkminister Samantha Graham-Maré sê daar word verwag dat die meesterplan teen 2030 25 000 werksgeleenthede sal skep: