Guterres vra vir einde aan geweld en onderhandeling in die Midde-Ooste

Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die Amerikaanse aanval op Iranse kernfasiliteite dui op 'n gevaarlike wending in die Midde-Ooste, 'n streek wat nie nog 'n siklus van vernietiging kan deurstaan nie. Guterres het 'n beroep gedoen op 'n staking van gevegte en 'n terugkeer na ernstige, volgehoue onderhandelinge oor die Iranse kernprogram. Hy het Iran ook aangespoor om die VN se Kernspersverdrag te vertrou:
23 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mense met gestremdhede sal ook baat by nuwe paaie

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het tydens die bekendstelling van Winnie Madikizela Mandela-rylaan in die hoofstad gesê dat nuwe paaie mense met gestremdhede sal akkommodeer. Dit is ‘n beduidende uitdaging regoor die land. Hy het ook burokrasie en vertragings in hervestiging blameer vir stadige infrastruktuurvordering. Byna ‘n miljard…
8 Jul 10AM 1 min

ACC slaan toe op senior Namcor beamptes, ook Mulunga

Ondersoekers van die Teenkorrupsie Kommissie het Namcor se voormalige besturende direkteur, Imms Mulunga, en drie ander senior beamptes in hegtenis geneem. Dit gaan oor vermoedelike korrupte transaksies by die nasionale oliemaatskappy. Volgens berigte word 'n voormalige finansiële hoof gekoppel aan 'n ongemagtigde oliebloktransaksie van 100 miljoen Namibiese dollar in Angola…
8 Jul 10AM 1 min

Trump-tariewe op SA gaan Namibië raak, goed of sleg

Die heffing van 30 persent se Trump-tariewe teen Suid-Afrika vanaf 1 Augustus kan ook ‘n beduidende impak plaaslik hê. Volgens landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher moet die buurland se regering onmiddellik met onderhandelings begin omdat die tariewe werksverliese tot gevolg kan hê. Hy sit die risiko’s so vir Kosmos 94.1 Nuus…
8 Jul 10AM 1 min

Stad Windhoek stel sy kant van saak oor skuld

Die Stad Windhoek het 409,9 miljoen Namibiese dollar in agterstallige rekeninge aan skuldinvorderaar RedForce oorhandig. Woordvoerder Lydia Amutenya sê die oorhandiging is deel van die 944 miljoen dollar wat teen Mei 2025 aan die stad verskuldig was. Kosmos 94.1 Nuus het met Amutenya gepraat.
8 Jul 9AM 1 min

Trump stuur meer wapens na Oekraïne

President Donald Trump se misnoeë met sy Russiese eweknie Vladimir Putin raak al hoe duideliker en hy het bevestig dat die VSA meer wapens na die Oekraïne sal stuur. Dit kom na hy ‘n besending in Pole teruggehou het. Trump sê die wapens is hoofsaaklik vir verdediging.
8 Jul 9AM 1 min