
SA moet mededinging verskerp
--:--
Die DA doen ʼn beroep op die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die nodige wetgewende en regulatoriese hervormings te bespoedig om Suid-Afrika se geskiedkundige gebrek aan mededinging dringend te hanteer. Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se jongste verslag oor Suid-Afrika het bevind dié land het die meeste beperkings van alle lande wat by die opname betrek is. Toby Chance van die DA sê hulle is bemoedig deur die departement se voorgestelde Omnibus-wetsontwerp wat onder andere die Maatskappy-wet wil wysig: