Andrada se Uis-mynbedrywighede wil dorp tot gloriedae herstel

--:--
Volgens die Kamer van Mynwese gaan produksie by die Uis Andrada-myne suksesvol voort. Tans produseer die Uis-myn jaarliks ongeveer 1 000 ton tinkonsentraat. Die maatskappy berei voor om dit tot 1 600 ton per jaar te verhoog. Tydens die regering se inligtingsessie het dr. Mupenzeni Ntelamo, die hoofstreeksbeampte van die Erongo-streek, gepraat oor hoe hulle Uis na sy vorige gloriedae wil transformeer.
23 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar's voordele aan Wêreldbank-klassifikasie

Nog reaksie is ontvang op Namibië se Wêreldbank-klassifikasie wat van die boonste middelinkomste- na die laer middelinkomste-kategorie aangepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad gepraat, wat die voordele hiervan beklemtoon.
8 Jul 11PM 1 min

BOSA eis verantwoordelike ambassadeur vir VSA

BOSA vra president Cyril Ramaphosa om vinnig 'n geloofwaardige, gekwalifiseerde en gerespekteerde ambassadeur in Washington aan te stel. Die Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig daar sal van 1 Augustus af 'n 30-persent tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA gehef word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê…
8 Jul 11PM 1 min

SA sitrusboere soek wyd vir meer markte

Sitrusboere in Suid-Afrika probeer om hul oorsese markte te vergroot om die land se volle uitvoerpotensiaal te benut. Die uitvoerende hoof van die Sitrusprodusentevereniging, Boitshoko Ntshabele sê onderhandelings word reeds gevoer met Japan, Suid-Korea, en Saoedi-Arabië om nuwe markte te bekom. Suid-Afrika, as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder na…
8 Jul 11AM 1 min

Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise…
8 Jul 11AM 1 min