DA prys Steenhuisen wat broodprys-verhoging verhoed

--:--
Die DA sê hy is trots op die oorwinning van die landbouminister, John Steenhuisen, wat die styging van die broodprys sal verhoed. Die party sê die minister het 'n vorige reëling geïdentifiseer en beëindig waar 'n verskaffer gemagtig word om gehalte-inspeksies van brood en graan by kleinhandelaars dwarsdeur die land te kan uitvoer. Willie Aucamp van die DA sê die verskaffer sou 'n heffing instel by winkels wat die prys van brood sou verhoog:
24 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min