So kan boere na-oes skade aan grane stopsit

--:--
Namibiese boere sien hierdie seisoen uit na goeie graan-oeste, danksy normale tot bogemiddelde reënval regoor die land in die plantseisoen. Kleinboere het begin met die dors van stapelvoedselgrane soos mahangu, mielies en sorghum, terwyl hulle ook voorberei op opberging. Baie ly egter steeds na-oes verliese weens swak beplanning en onvoldoende opbergingspraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, tegniese adviseur van akkerbou en pluimvee by Agribank Namibië, wat uiteensit hoe hierdie verliese voorkom kan word.
24 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min