Verdedigingminister het self nog nie August 26-ouditverslag gesien

--:--
PDM-leier McHenry Venaani het tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede na haar aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die vraag was aan eerste minister Eljiah Ngurare gerig, wat dit na verdedigingminister Frans Kapofi verwys het. Kapofi het in die Nasionale Vergadering geantwoord dat hy self nog nie die verslag gesien het nie.
27 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA hef verbod op Brasiliaanse hoender op

Die landboudepartement het ná agt weke amptelik die verbod op Brasiliaanse meganies-ontbeende vleis en hoender opgehef. Die verbod is ingestel nadat voëlgriep op 'n plaas in Rio Grande do Sul ontdek is, wat veroorsaak het dat 95-persent van Suid-Afrika se meganies-ontbeende vleisvoorraad afgesny is. Georg Southey van Merlog Foods verwelkom…
10 Jul 12PM 1 min

Kos moet dadelik in Gaza toegelaat word, sê Unicef

Die woordvoerder van Unicef, James Elder sê daar is genoeg kos op die grens van Israel om ‘n miljoen mense vir vier maande te voed maar, dit staan net daar. Hy sê dit kan nie genormaliseer word nie. Hulp moet onmiddellik toegelaat word in Gaza.
10 Jul 12PM 1 min

Werklose gegradueerde onderwysers soek antwoorde

Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het bevestig dat hy 'n petisie van werklose gegradueerde onderwysers ontvang het. Meer as 15 000 word vanjaar geraak. Hulle eise sluit in massawerwing en die skrapping van onderhoude. Ballotti sê die ministerie is in gesprek met die groep en sal later vandeesmaand antwoord gee.
10 Jul 10AM 1 min

Almal moet pensioen as kollateraal vir huislenings kan gebruik

Reaksie word ontvang op die finansminister, Namfisa, en Regeringsinstellings Pensioenfonds wat 'n pensioengesteunde huisleningskema ingestel het, wat lede toelaat om 'n deel van hul pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings te gebruik. Dit dek die koop van grond, opknappings of die terugbetaling van eiendomslenings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tucna sekretaris-generaal…
10 Jul 10AM 1 min