Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

--:--
Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?
2 Jul Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Suid-Afrika se plek in globale finansiële stelsels | Ep. 57

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys help dr. Sandra Adendorff, senior dosent in ekonomie en internasionale handel aan Akademia, sin maak van ʼn vraagstuk wat meer kompleks is as wat dit oënskynlik voorkom: hoe steek die wêreld se finansiële stelsels in mekaar en waar pas Suid-Afrika in dié komplekse…
31 Jul 36 min

Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55

Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme…
15 Jul 41 min