
Korrupsie-ondersoeke 'moet verder gaan as Namcor'
--:--
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat altesaam agt verdagtes gearresteer is oor vermoedelike korrupsie by Namcor. Voormalige bestuurders by Namcor Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse en Olivia Dunaiski is gister in hegtenis geneem. Die broers Peter Elindi en Malakia Elindi, wat die militêre brandstof-voorsiener Enercon besit, is vandag gearresteer saam met een van Malakia se vrouens. Hamukwaya se man is ook gister in hegtenis geneem. Die groep sal môre in die hof verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die PDM se voormalige skadu-finansminister, Nico Smit.