SA pastoor kry strawwe vonnis ná verkragting van kinders

Loading player...
Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe 'n voog die slagoffers hoor praat en die polisie in kennis gestel het. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die vonnis stuur 'n duidelike boodskap vir diegene wat 'n posisie van vertroue misbruik:
26 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen bouplanne goedgekeur vir ingestorte Verulam-tempel

Die eThekwini-munisipaliteit sê geen goedgekeurde bouplanne is ingedien vir die Verulam-tempelgebou wat in Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het nie. Twee mense is dood en drie ander is steeds vasgekeer. Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê reddingspanne boor versigtig deur puin om oorlewendes op te spoor. Die gebou het na bewering ineengestort terwyl beton deur…
13 Dec 3AM 1 min

Tygerberg maak mediese geskiedeniis met operasie

Die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap het geskiedenis gemaak deur Suid-Afrika se eerste volledig interne ledemaatrekonstruksie uit te voer. Die operasie het ’n ernstige beendefek herstel en ’n verskil in beenlengte reggestel sonder om eksterne rame te gebruik. Die 64-jarige pasiënt, ’n voormalige polisiebeampte, is in 2018 geskiet en het sedertdien…
13 Dec 2AM 1 min

Slaagsyfer van 30% in SA belemmer werkskepping

Die United Africans Transformation sê Suid-Afrikaanse werkgewers sukkel reeds om werkers met basiese vaardighede soos geletterdheid, syfervaardigheid, en probleemoplossing te vind. Die party waarsku die handhawing van 'n slaagsyfer van 30 persent in skole vererger hierdie vaardigheidsgaping, wat leerders onvoorbereid laat vir die eise van die moderne werkplek en hul…
13 Dec 1AM 1 min

NNN pleit vir padveiligheid oor groot dae

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n feesboodskap vrygestel waarin sy die erns van padveiligheid tydens die vakansie beklemtoon. Moenie drink en bestuur nie, moenie jaag nie en dra veiligheidsgordels, het sy by motoriste gepleit. Voetgangers en fietsryers moet verseker dat hulle sigbaar is, het Nandi-Ndaitwah bygevoeg:
13 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Bendegeweld ooskadu aand in hoofstad

Copps 94.1 moes Vrydagaand bontstaan met die hoofstad wat ‘n miernes van bedrywighede was en mense wat nie altyd binne die raamwerk van die wet speel nie. Darren Smith van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
12 Dec 11PM 1 min