
Slaagsyfer van 30% in SA belemmer werkskepping
Loading player...
Die United Africans Transformation sê Suid-Afrikaanse werkgewers sukkel reeds om werkers met basiese vaardighede soos geletterdheid, syfervaardigheid, en probleemoplossing te vind. Die party waarsku die handhawing van 'n slaagsyfer van 30 persent in skole vererger hierdie vaardigheidsgaping, wat leerders onvoorbereid laat vir die eise van die moderne werkplek en hul toekomstige werksgeleenthede beperk. Die woordvoerder van UAT, Mighty Mabule sê die lae drempel verberg sistemiese probleme in onderwys:

