
Lukato berei voor vir November
--:--
Die Nasionale Demokratiese Party het 'n landwye mobiliseringsveldtog van stapel gestuur voor die streek- en plaaslike verkiesings in November. Die party beplan om in al 14 streke en dorpe met munisipale status mee te ding. NDP-leier Martin Lukato sê komende aktiwiteite sluit in die vorming van 'n skadukabinet en mobilisering op grondvlak. Die NDP sê hy is 'n mensgesentreerde alternatief. Kosmos 94.1 Nuus het met Lukato gepraat.