
Opvoedingsveldtog sal vaardighede verbeter
--:--
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die onderwysminister, Sanet Steenkamp, die amptelike bekendstelling van die veldtog "Ending Learning Poverty for All in Africa" in Namibië aangekondig. Die veldtog sal op 29 Julie in Outjo in die Kunene-streek afskop. Dit sal na verwagting help om onder meer die syfervaardigheidskrisis aan te spreek.