
SME's kry aandag by ontwikkelingsraad en NSI
--:--
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met 'n fokus op die bou van 'n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad, dr. Nangula Uaandja, sê die doel is om inklusiewe werkskepping te bevorder deur die aantal entrepreneurs wat werk kan skep, te verhoog.