Namibë verbind tot lae-koolstof, volhoubare ekonomie

--:--
Die regering het sy verbintenis tot 'n lae-koolstof, volhoubare ekonomie herbevestig tydens die Groen Beleggingsdialoog in Walvisbaai. Minister Natangwe Ithete het gesê klimaatsaksie is sentraal tot ontwikkeling, en het kennis geneem van vordering in hernubare energie soos die Omburu-sonkragaanleg en planne om landelike skole en klinieke van sonkrag te voorsien. Namibië se groen waterstofprojekte, insluitend ontwikkelings in Tsau ||Khaeb, posisioneer dit as 'n kontinentale leier. Ithete het wetgewers aangespoor om wette wat groen groei ondersteun, te versterk en voordele vir die jeug, vroue en landelike gebiede te verseker. Die lynminister, Natangwe Ithete het meer.
14 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vroeë tekens van La Niña

Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
26 Jul 5AM 7 min

Noord-Kaap ‘n ekonomiese kragbron, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is 'n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op 'n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie…
26 Jul 4AM 1 min

Baie Ford-modelle in SA herroep

Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat 'n groot aantal Ford-modelle herroep moet word weens ernstige veiligheids-gevare. Dit sluit in Ranger-, Everest-, Puma- en EcoSport- modelle. Die voertuie se enjins kan afskakel en brandstoflekkasies of handremprobleme veroorsaak. Die modelle wat geraak word is tussen 2021 en vanjaar verkoop. Die kommissie se…
26 Jul 3AM 1 min

SA pastoor kry strawwe vonnis ná verkragting van kinders

Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe…
26 Jul 2AM 1 min

Motorsport: Ovaalrenne vanmiddag op Tsumeb

Die vierde been van die Tsumeb Motorklub se grondbaan-ovaalrenne vind vanmiddag vanaf drie-uur op die dorp plaas. Francois Lottering het met Willie van Wyk, die ondervoorsitter van die klub gesels oor wat verwag kan word.
26 Jul 1AM 1 min