‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is 'n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op 'n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie…
Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat 'n groot aantal Ford-modelle herroep moet word weens ernstige veiligheids-gevare. Dit sluit in Ranger-, Everest-, Puma- en EcoSport- modelle. Die voertuie se enjins kan afskakel en brandstoflekkasies of handremprobleme veroorsaak. Die modelle wat geraak word is tussen 2021 en vanjaar verkoop. Die kommissie se…
Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.