BoN sê nee vir IMF oor eiendomsdeposito's

Loading player...
Die Bank van Namibië sê hy gaan nie op hierdie stadium wegdoen met die regulasie dat eerste-keer huiseienaars nie 'n deposito betaal wanneer hulle huislenings aangaan nie. Dit kom na die Internasionale Monetêre Fonds aanbeveel het dat die sentrale bank die praktyk staak, want dit sal banke teen toekomstige nie-presterende lenings beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die Bank van Namibië se woordvoerder, Kazembire Zemburuka gepraat.
22 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min