
Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE
Loading player...
COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa om op te tree, die aanbevelings van die Zondo- en die Mufamadi-kommissie in te stel en openbare vertroue en veiligheid te herstel:

