Skietstilstand: Israel sal Vrydag sê

Loading player...
Israel gaan sy antwoord teen Vrydag aan internasionale bemiddelaars lewer oor 'n nuwe Gaza skietstakingsooreenkoms. Die voorstel wat Katar en Egipte voorgelê het, sluit in die opheffing van militêre operasies vir 60 dae en die vrylating van sowat die helfte van die 50 oorblywende Israelse gyselaars waarvan 20 glo steeds leef. Hamas het die skietstakingsplan aanvaar. 'n Woordvoerder van Katar se departement van Buitelandse Sake, Majed al-Ansari sê die voorstel is die bes moontlike opsie om die doodslag in Gaza te beëindig:
20 Aug 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA ekonomie groei teen slakkepas

Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik…
17 Jan 2AM 1 min

Unam sit voet neer oor gr. 11's

Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het…
17 Jan 2AM 1 min

Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok

Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings…
17 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Drank-, dwelmduiwel listig op Rehoboth

Die polisie op Rehoboth het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met veral drank- en dwelmverwante voorvalle wat hulle laat bontstaan het. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die Copps 94.1-span op dié dorp en doen verslag:
16 Jan 11PM 1 min