
Unam sit voet neer oor gr. 11's
Loading player...
Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het die opmerkings gemaak tydens ’n vraag-en-antwoordsessie or die gesubsidieerde tersiêre onderwysbefondsingsmodel toe te lig. Namesho het verduidelik dat Unam se beleid daarop gemik is om akademiese standaarde te handhaaf en studente voldoende voor te berei vir tersiêre studies.

