Onderwysminister vat Amupanda in parlement vas

Loading player...
Onderwysminister Sanet Steenkamp het in die parlement beskuldigings van die AR-beweging se leier Job Amupanda betwis dat kinders in Kavango-Oos steeds onder bome skoolgaan. Amupanda het video's aanlyn gedeel waar leerders in Ndama onder bome sit vir klasse. Steenkamp het verduidelik dat daar vyf sulke onwettige skole in die dorp was, maar dat 'n skool vir hulle gebou is ná vergaderings met die gemeenskap.
5 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tweede ronde polio-inentings begin vandag, tot Vrydag

Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die…
24 Feb 9AM 1 min

Itula takel NNN oor familie se olie- en gasbelange

IPC-leier Panduleni Itula het president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n nuuskonferensie by die party se hoofkwartier daarvan beskuldig dat haar familie nou bande met die land se olie- en gassektor het. Hy het verwys na haar seun, Nande Ndaitwah, die uitvoerende hoof van Tradeport Namibia, wat brandstof invoer en diesel versprei…
24 Feb 9AM 1 min

Swapo se Dingara bedank uit parlement

Swapo-parlementslid Elifas Dingara het uit die Nasionale Vergadering bedank. Hy sluit 'n dekade in sy amp af om te gaan boer en sal vervang word deur Christine Haindaka, adjunksekretaris van die Swapo Party Jeugliga. Dingara, wat in Junie 2023 opslae gemaak het nadat hy voorgestel het dat elke Namibiese burger…
24 Feb 9AM 1 min

Hofbevel skort instel van Wet op Nasionale Gesondheidsversekering op

Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag gelas die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddelik opgeskort word. Solidariteit het die aansoek ingedien. Woordvoerder Theuns du Buisson, verwelkom die stap en sê die voorlopige opskorting sal van krag bly tot die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor die wet se…
24 Feb 8AM 1 min

Zelensky sê Putin is oorlog self

Die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, beloof hy sal nie sy mense se opofferings tydens vier jaar van oorlog verraai net om vrede te maak met Rusland nie. Hy sê sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, het nie sy doelwitte bereik en die oorlog gewen nie. Zelensky het uit die presidensiële bunker…
24 Feb 8AM 1 min