Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag gelas die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddelik opgeskort word. Solidariteit het die aansoek ingedien. Woordvoerder Theuns du Buisson, verwelkom die stap en sê die voorlopige opskorting sal van krag bly tot die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor die wet se…
Die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, beloof hy sal nie sy mense se opofferings tydens vier jaar van oorlog verraai net om vrede te maak met Rusland nie. Hy sê sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, het nie sy doelwitte bereik en die oorlog gewen nie. Zelensky het uit die presidensiële bunker…
Namibië verskerp sy produkgehaltebeheer, met die Namibiese Standaarde-instelling wat daarop gemik is om sy verpligte standaardstelsel te hersien deur die aantal nasionale standaarde van 275 tot 1 267 binne die volgende drie jaar te verhoog. Advokaat Adolf Denk het tydens 'n belanghebberkonsultasie in Walvisbaai beklemtoon dat sterker nasionale standaarde die…
ActionSA eis onmiddellike optrede na die Spesiale Ondersoekeenheid se bevindings teen die Binnelandse Sake-departement. Die ondersoek het aan die lig gebring dat Suid-Afrika se immigrasiestelsel as 'n markplek misbruik word, waar permitte en visums aan die hoogste bieër verkoop word. Lerato Ngobeni van ActionSA sê dis skokkend dat vier amptenare…
Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die belofte om bykomende hulpbronne aan die weermag toe te ken. Die vereniging sê die weermag ondervind stygende operasionele uitgawes, 'n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbronbeperkings. Claude Naicker van die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.