My F*k, Marelize gewildste fliek in SA

Loading player...
My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent dit kon regkry. MultiChoice, vervaardigers van die fliek, het die Namibiese filmbedryf bedank vir hul bydrae tot die fliek, wat verskeie toekenings by die Silwerskermfees ingepalm het. My F*k, Marelize draai ook tans in teaters in Windhoek. Hier’s ‘n stukkie uit die lokprent:
6 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofbevel skort instel van Wet op Nasionale Gesondheidsversekering op

Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag gelas die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddelik opgeskort word. Solidariteit het die aansoek ingedien. Woordvoerder Theuns du Buisson, verwelkom die stap en sê die voorlopige opskorting sal van krag bly tot die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor die wet se…
24 Feb 8AM 1 min

Zelensky sê Putin is oorlog self

Die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, beloof hy sal nie sy mense se opofferings tydens vier jaar van oorlog verraai net om vrede te maak met Rusland nie. Hy sê sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, het nie sy doelwitte bereik en die oorlog gewen nie. Zelensky het uit die presidensiële bunker…
24 Feb 8AM 1 min

Nuwe nasionale standaarde sal mededingendheid aanhelp

Namibië verskerp sy produkgehaltebeheer, met die Namibiese Standaarde-instelling wat daarop gemik is om sy verpligte standaardstelsel te hersien deur die aantal nasionale standaarde van 275 tot 1 267 binne die volgende drie jaar te verhoog. Advokaat Adolf Denk het tydens 'n belanghebberkonsultasie in Walvisbaai beklemtoon dat sterker nasionale standaarde die…
24 Feb 8AM 1 min

Action SA eis aksie na korrupsie met visa, permitte

ActionSA eis onmiddellike optrede na die Spesiale Ondersoekeenheid se bevindings teen die Binnelandse Sake-departement. Die ondersoek het aan die lig gebring dat Suid-Afrika se immigrasiestelsel as 'n markplek misbruik word, waar permitte en visums aan die hoogste bieër verkoop word. Lerato Ngobeni van ActionSA sê dis skokkend dat vier amptenare…
24 Feb 8AM 1 min

Befondsing vir die SANW dringend nodig

Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die belofte om bykomende hulpbronne aan die weermag toe te ken. Die vereniging sê die weermag ondervind stygende operasionele uitgawes, 'n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbronbeperkings. Claude Naicker van die…
24 Feb 5AM 1 min