Geen plan teen bendegeweld in Kaapstad

Loading player...
Die GOOD-party sê daar is geen behoorlike plan in Kaapstad om bendegeweld te hanteer nie. Syfers toon 81 persent van alle moorde in die provinsie word in Kaapstad gepleeg. Een uit elke vyf moorde hou verband met bendegeweld. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê meer as ʼn jaar nadat die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad ʼn samewerkingsooreenkoms met die polisie onderteken het, is die beloofde gesamentlike reaksie op misdaad steeds net op papier:
11 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA baklei teen wysiging van wapenwet

Die DA gaan die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet en in die parlement beveg, en regstappe oorweeg om verantwoordelike, gelisensieerde vuurwapeneienaars se grondwetlike regte te beskerm. Die DA-lid Ian Cameron sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm ingestel word, neem dit vuurwapens uit die hande van wettige eienaars…
23 Feb 10PM 1 min

Arbeider-veteraan Mandelson gearresteer, oor Epstein

Die voormalige Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, is Maandagaand gearresteer op vermoede van wangedrag in 'n openbare amp en in 'n Londense polisiestasie ondervra. Mandelson is ondersoek oor bewerings dat hy marksensitiewe regeringsinligting met sy goeie vriend Jeffrey Epstein gedeel het terwyl hy handelminister was. Die hoofsekretaris van…
23 Feb 10PM 1 min

Mugabe-borgtogaansoek tot volgende week uitgestel

Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
23 Feb 10AM 1 min

Gunners klop Spurs, nou vyf punte voor ManCity

Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
23 Feb 10AM 1 min