'Politiek van die maag' glo rede vir PDM-uittog

Loading player...
Die PDM het 'n vlaag bedankings beleef, met ses lede wat in die laaste twee weke bedank het. Die jongste is Julia Nekwaya, die party se jeugliga-sekretaris-generaal. Onder die ander bedankings is die voormalige skaduminister van onderwys, Charmaine Tjirare. Die bedankings kom ná PDM se groot verlies in die 2024-verkiesing, en hulle van 16 setels in die Nasionale Vergadering na vyf gedaal het, wat ook die party se finansies onder druk plaas. Die PDM blameer Swapo en noem die bedankings "politiek van die maag". Kosmos 94.1 Nuus het met Nekwaya oor haar besluit gesels.
17 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mugabe-borgtogaansoek tot volgende week uitgestel

Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
23 Feb 10AM 1 min

Gunners klop Spurs, nou vyf punte voor ManCity

Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
23 Feb 10AM 1 min

Jeug Indaba bemagtig jongmense vir ekonomiese deelname

Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
23 Feb 9AM 1 min

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min