ReconAfrica het byna 5 miljoen Namibiese dollar belê in 17 studente van Kavango-Oos en -Wes, waarvan 10 wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, of STEM studeer en sewe verpleegkunde. Vier van die STEM-begunstigdes gradueer in April. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die program wat in vennootskap met Petrofund aangebied…
Sekere sektore in die ekonomie van lande waar bek-en-klouseer lei skade in die kort termyn, maar gewoonlik word daar in die geheel nie langtermyn-skade opgedoen nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die impak van die siekte sal ook nie noodwendig beleggersvertroue skaad nie.
Nored-woordvoerder Simon Lukas het by die Ashihaya-laerskool in die Oshikoto-streek, waar kinders gereeld op kraginfrastruktuur rondklim, oor die kragverspreider se Takamisa-veldtog gepraat. Hy het die doelwitte en belangrikheid daarvan vir elektrisiteitsveiligheidsbewustheid en openbare opvoeding onderstreep. Lukas gee meer inligting oor die doel van die veldtog.
Cosatu vra die regering en minister van Finansies, Enoch Godongwana, om in Woensdag se begrotingsrede voorkeur te gee aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die vakverbond sê die inkomstediens is een van die administrasie se suksesverhale wat belastinginvordering van 61-persent tot 67-persent verhoog het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die inkomstediens…
AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.