Trump sê TikTok-kwessie opgelos, Beijing bly vaag

Loading player...
Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die dag met die media gepraat:
20 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Recon bestee N$5m aan 17 studente

ReconAfrica het byna 5 miljoen Namibiese dollar belê in 17 studente van Kavango-Oos en -Wes, waarvan 10 wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, of STEM studeer en sewe verpleegkunde. Vier van die STEM-begunstigdes gradueer in April. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die program wat in vennootskap met Petrofund aangebied…
23 Feb 4AM 1 min

BKS sal nie noodwendig SA-beleggers se vertroue skaad nie

Sekere sektore in die ekonomie van lande waar bek-en-klouseer lei skade in die kort termyn, maar gewoonlik word daar in die geheel nie langtermyn-skade opgedoen nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die impak van die siekte sal ook nie noodwendig beleggersvertroue skaad nie.
23 Feb 4AM 1 min

Nored werk hard aan opvoeding vir leerders oor elektrisiteit

Nored-woordvoerder Simon Lukas het by die Ashihaya-laerskool in die Oshikoto-streek, waar kinders gereeld op kraginfrastruktuur rondklim, oor die kragverspreider se Takamisa-veldtog gepraat. Hy het die doelwitte en belangrikheid daarvan vir elektrisiteitsveiligheidsbewustheid en openbare opvoeding onderstreep. Lukas gee meer inligting oor die doel van die veldtog.
23 Feb 3AM 1 min

Enoch moet geld gee vir die inkomstediens

Cosatu vra die regering en minister van Finansies, Enoch Godongwana, om in Woensdag se begrotingsrede voorkeur te gee aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die vakverbond sê die inkomstediens is een van die administrasie se suksesverhale wat belastinginvordering van 61-persent tot 67-persent verhoog het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die inkomstediens…
23 Feb 3AM 1 min

Kommer oor nuwe mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de…
23 Feb 2AM 1 min