Solidariteit stel handelsraamwerk vir VSA bekend

Loading player...
Solidariteit sê hy het ʼn voorgestelde handelsraamwerk tussen Suid-Afrika en Amerika bekendgemaak. Die vakbond beskryf sy besoek aan Amerika as ʼn uitgebreide gemeenskaps-diplomatieke besoek. Connie Mulder van Solidariteit sê die raamwerk fokus veral op die beskerming van eiendomsregte en dat Amerikaanse maatskappye van swart ekonomiese bemagtiging uitgesluit word. Hy sê die raamwerk stel voor dat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika se struktuur gebruik word om verligting vir tariewe te bewerkstellig:
22 Sep 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min

Jarvis vat Kenia Ope

Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het die Kenia Ope in Nairobi met drie houe gewen en sy eerste DP World Tour-titel opgeraap. Die 22-jarige Jarvis, wat 195ste op die wêreldranglys is, het in die laaste ronde ʼn agt onder 62 aangeteken en die toernooi onder 25 geëindig. Die Amerikaner Davis Bryant…
23 Feb 1AM 1 min

Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News…
23 Feb 12AM 1 min

Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag…
23 Feb 12AM 1 min