
Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe
Loading player...
'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag nadat hy 'n tarief van tien-persent aangekondig het, 'n nuwe breë tarief van 15-persent ingestel vir 'n tydperk van 150 dae, hangende goedkeuring deur die Kongres:

