Risen Advisory se golfdag ten bate van die DBV in Kimberley is 25 September aan die beurt

Loading player...
Risen Advisory in Kimberley is trots om hulle heel eerste Gholfdag ter ondersteuning van die Kimberley SPCA / DBV aan te bied — en hulle het JOU hulp nodig om dit 'n reuse sukses te maak! Hendrik Wessels van Risen Advisory sluit by Yolanda Maartens aan om al die inligting oor die 25ste September deur te gee en om ook te vertel hoekom dit so belangrik is vir hul besigheid om ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Bespreek jou plek per epos golf@risenadvisory.co.za of skakel 053 110 0901.
22 Sep 2025 4AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Hierdie Kinderbeskermingsweek, kom ons doen dit vir die kinders en stap saam!

In Bloemfontein vind 'n Kinderbeskerming Stap plaas die 30ste Mei 2026 in samewerking met ENGO, Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) en Childline FS. Luchell Coetzee, maatskaplike werker by ENGO, Ashley Olivier, maatskaplike werker by VVA en Febe Groenewald, maatskaplike werker by ENGO sluit by Yolanda Maartens aan om die doel…
25 May 6AM 4 min

Lenmed Wilmed Park Hospitaal en Hartsentrum - Alex Daneel

Alex Daneel, algehele bestuurder, gesels met Yolanda Maartens oor die opgraderings en nuwe dienste se kapitaal wat Lenmed investeer het, hoekom dit belangrik is om die opgraderings en uitbreidings te doen en wat die publiek en pasiente kan verwag van die hospital.
22 May 5AM 5 min

Lenmed Wilmed Park Hospitaal en Hartsentrum - Dr. René Du Plessis

Dr. René Du Plessis gesels met Yolanda Maartens oor die hospitaal se Noodeenheid wat onlangs opgegradeer en uitgebrei is. Sy praat oor behandeling van werkverwante-beserings, soos WCA- en COID-gevalle. Gedurende die wintermaande sien mens dikwels meer siek persone en noodgevalle, sy verduidelik ook vir ons wanneer moet iemand mediese hulp…
22 May 3AM 8 min