DA boos vir Ekurhuleni oor onteiening

Loading player...
Die DA veroordeel die Stad Ekurhuleni se onregmatige en ongrondwetlike poging om ʼn privaat eiendom sonder vergoeding te onteien. Volgens die drukgroep, Sakeliga, weier die metro om te betaal vir ʼn eiendom van 34-hektaar in Driefontein waarop hy in 2019 beslag gelê het vir ʼn behuisingsprojek. Op daardie tydstip is die eiendom gewaardeer teen minstens 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand, met onafhanklike waarderings wat dit so hoog as 64 miljoen rand gestel het. Willie Aucamp van die DA sê hulle sal aanhou veg om privaat eiendom te beskerm:
22 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min

Jarvis vat Kenia Ope

Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het die Kenia Ope in Nairobi met drie houe gewen en sy eerste DP World Tour-titel opgeraap. Die 22-jarige Jarvis, wat 195ste op die wêreldranglys is, het in die laaste ronde ʼn agt onder 62 aangeteken en die toernooi onder 25 geëindig. Die Amerikaner Davis Bryant…
23 Feb 1AM 1 min

Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News…
23 Feb 12AM 1 min

Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag…
23 Feb 12AM 1 min