DA eis verwydering van drie Seta-administrateurs

Loading player...
Die DA het die Kommissaris van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, skriftelik versoek om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se aanstelling van drie nuwe administrateurs van die Sektor Onderwys en Opleidingsowerheid om te keer. Die aanstelling van Oupa Nkoane in die Konstruksie-Seta, Lehlogonolo Masoga in die Dienste-Seta en Zukile Mvalo in die Plaaslike Regering-Seta, het kritiek ontvang. Karabo Khakhau van die DA sê die drie is nie geskik vir die rol as Seta-administrateurs nie:
22 Sep 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MTC ondersteun pogings teen enkelgebruik-plastiek

MTC het in vennootskap met Stad Windhoek sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 450 000 Namibiese dollar skenk aan die Go Green, Skip the Plastic-inisiatief. Die fondse sal aangewend word om 4 000 herbruikbare inkopiesakke aan te skaf, en vir die bekendstelling van 'n bewusmakingsveldtog. Die veldtog poog om die…
23 Feb 12AM 1 min

Goud en olie klim te midde van tariewe, spanning in Midde-Ooste

Die goudprys het Vrydag in New York tot 5 106 Amerikaanse dollar per fynons geklim na president Donald Trump se aankondiging dat hy sy tariewe wat deur die hooggeregshof omvergewerp is, met 10-persent tariewe teen alle lande gaan vervang. Saterdag het hy aangekondig hy gaan dit na 15-persent verhoog. Die…
22 Feb 11PM 1 min

Begroting: Skoolinfrastruktuur moet spesiale fonds kry

Die begroting sal Donderdag in die parlement ter tafel gelê word. Onderwys se toekennings is gewoonlik ruim, maar met tersiêre onderwys wat nou gesubsidieer word, kan dit styg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham, die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso, gepraat oor die organisasie se ideale…
22 Feb 11PM 1 min

Mashaba staan vir Jhb-burgemeester

ActionSA se president Herman Mashaba is die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Johannesburg in die komende munisipale verkiesing. Mashaba was van 2016 tot 2019 die stad se DA-burgemeester. Hy het in sy aanvaardingstoespraak gesê ActionSA bied kiesers geleentheid om Johannesburg se verval te keer. Mashaba het Operation Fix Joburg…
22 Feb 10PM 1 min

Man, 21, doodgeskiet na hy met haelgeweer, petrolkan Mar-a-Lago binnegaan

Die Amerikaanse geheime diens sê hy het die 21-jarige Austin Tucker Martin doodgeskiet na hy probeer het om president Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, binne te gaan. Trump was in Washington, DC. Spesiale agente en 'n adjunk van die Palm Beach sheriff se kantoor het die man…
22 Feb 10PM 1 min