
MTC ondersteun pogings teen enkelgebruik-plastiek
Loading player...
MTC het in vennootskap met Stad Windhoek sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 450 000 Namibiese dollar skenk aan die Go Green, Skip the Plastic-inisiatief. Die fondse sal aangewend word om 4 000 herbruikbare inkopiesakke aan te skaf, en vir die bekendstelling van 'n bewusmakingsveldtog. Die veldtog poog om die afhanklikheid van enkelgebruik-plastieksakke te verminder. Erasmus Nekundi, kommunikasie beampte by MTC, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

