Plaas waar Etosha-brand ontstaan het, 'het houtskool-permit'

Loading player...
Die kwessie van houtskoolproduksie en die Etosha-brand weier om te gaan lê. Volgens die berigte het die brand op Helaas, ‘n regeringsplaas aangrensend aan die park begin. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die plaas het ‘n permit.
2 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
22 Feb 4AM 1 min

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min

Kuberkrakers teiken nou telefoonnommers, sê kenner

Telefoonnommers het die nuwe ID geword en misdadigers weet dit. Dit is die waarskuwing van kuberveiligheidsdeskundige Melanie Meiring, wat met Kosmos 94.1 Nuus praat oor die skerp toename in SIM-kaartbedrog, nabootsing en aanlyn bankdienste-swendelary. Sy sê georganiseerde misdaadnetwerke kaap telefoonnommers om nuwe wagwoorde te skep, eenmalige PIN's te onderskep en…
22 Feb 12AM 1 min

Eskom se opwekking verbeter steeds

Eskom sê sy opwekkingsvermoë toon steeds bestendige en meetbare verbetering, wat die betroubaarheid van Suid-Afrika se kragstelsel versterk en vertroue in die breër ekonomie ondersteun. Woordvoerder Daphne Mokwena sê verbeterings in die beskikbaarheid van aanlegte, en verminderde onbeplande onderbrekings, het die bestendigheid van die nasionale netwerk versterk. Sy sê hierdie…
22 Feb 12AM 1 min