
Kuberkrakers teiken nou telefoonnommers, sê kenner
Loading player...
Telefoonnommers het die nuwe ID geword en misdadigers weet dit. Dit is die waarskuwing van kuberveiligheidsdeskundige Melanie Meiring, wat met Kosmos 94.1 Nuus praat oor die skerp toename in SIM-kaartbedrog, nabootsing en aanlyn bankdienste-swendelary. Sy sê georganiseerde misdaadnetwerke kaap telefoonnommers om nuwe wagwoorde te skep, eenmalige PIN's te onderskep en slagoffers na te boots. Sy sê hierdie swendelary is nie meer lukraak nie, maar sielkundegedrewe, wat dringendheid en vrees uitbuit.

