NamPost 'werk aan die probleme'

Loading player...
NamPost se uitrol van toelaagbetalings het deurgeloop onder skerp kritiek, na pensioenarisse ure in die son moes staan, sonder toiletgeriewe of water. In die Epupa-kiesafdeling moes bejaardes twee dae wag en sommiges is steeds nie betaal nie, en in Rundu en Okahandja was daar ook reuse-uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Joseph Teofelus, NamPost se korporatiewe kommunikasie beampte, wat sê hulle werk aan die probleme.
17 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

4G en 5G help min as data te duur is, sê kenner

Namibië gaan voort met planne om 2G en 3G uit te faseer in 'n poging om 4G- en 5G-netwerkkonnektiwiteit reg oor die land te integreer. MTC Namibia het egter frustrasie uitgespreek oor die onderbenutting van sy netwerktorings, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die hoë pryse van 4G-geaktiveerde toestelle in die…
21 Feb 1AM 1 min

Gryp in om suikerbedryf te red, pleit Suikerrietkwekersvereniging

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend in te gryp om die suikerbedryf te red. Die organisasie waarsku Tongaat Hulett se moontlike likwidasie bedreig 18 000 produsente, 40 000 werksgeleenthede en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die vereniging, Higgins Mdluli, vra…
21 Feb 1AM 1 min

Padowerheid sê oor Hongkong-voertuie se registrasie

Die Padowerheid het bedrieglike aktiwiteite ontdek wat voertuie behels wat uit Hongkong ingevoer is, met sommige wat vervaardigingsdatums vervals het om die land se 12-jaar invoerlimiet kragtens die Invoer- en Uitvoerwet van 1994 te omseil. Registrasie van hierdie voertuie is tydelik vertraag terwyl ondersoeke aan die gang was. Kosmos 94.1…
21 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1-span het hulle hande vol in hoofstad

Die naweek het met 'n knal begin vir die Copps 94.1-span in Windhoek, met lede wat deur 'n aggressiewe vrou aangerand is voordat sy vir haar familie se veiligheid deur die polisie weggeneem is. Dit was ook nie die enigste drama nie, en Kosmos 94.1 se Francois Lottering doen verslag:
20 Feb 11PM 1 min

Moorde in SA daal met byna 9%

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die misdaadstatistiek vir die maande tussen Oktober en Desember toon 'n voortgesette afname in geweldsmisdaad landwyd. Hy sê moorde het met 8,7-persent verminder. Oor die algemeen het geweldsmisdaad met 6,7-persent gedaal, in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024. Cachalia het aan die…
20 Feb 11PM 1 min