
4G en 5G help min as data te duur is, sê kenner
Loading player...
Namibië gaan voort met planne om 2G en 3G uit te faseer in 'n poging om 4G- en 5G-netwerkkonnektiwiteit reg oor die land te integreer. MTC Namibia het egter frustrasie uitgespreek oor die onderbenutting van sy netwerktorings, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die hoë pryse van 4G-geaktiveerde toestelle in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike internetkenner Paul Rowney gesels, wat sê konnektiwiteit sonder bekostigbare en bruikbare data is nie betekenisvolle insluiting nie.

