DA verwelkom uitspraak oor Zuma se regskostes

Loading player...
Die DA sê die uitspraak teen Jacob Zuma oor sy regskoste wat deur die staat betaal word, is ʼn oorwinning vir Suid-Afrika en die beskerming van belastingbetalersgeld. Die Hooggeregshof in Pretoria het die oudpresident opdrag gegee om 28,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan regskoste te betaal wat onregmatig deur die staat befonds is. Zuma moet die skuld binne 60 dae vereffen. Willie Aucamp van die DA sê die publiek moet ingelig bly oor die vordering om die fondse te herwin:
23 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ovaherero tradisionele leiers het kommer oor grond-wet

Tradisionele leiers het vandeesweek die wet rakende grond in diepte bespreek en bestudeer tydens konsultasies wat die lynministerie gehou het. Terwyl landbou steeds nie ‘n verklaring rakende die eerste sessies uitgereik het nie, het die gesprekke gefokus op die resolusies van die tweede nasionale grondkonferensie. Die Ovaherero tradisionele leiers het…
20 Feb 10AM 1 min

SA polisie vernietig byna 306 000 vuurwapens in 7 jaar

Die Gautengse polisie het meer as 13 800 vuurwapens en vuurwapen-onderdele in Vanderbijlpark vernietig. Dis die tweede vuurwapen-vernietigingsproses in die huidige boekjaar. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê hulle het die afgelope sewe jaar 305 934 vuurwapens vernietig:
20 Feb 10AM 1 min

Kreatiewe sektor soek strukturele duidelikheid

Die regering se hernude fokus op die kreatiewe sektor, waarna dikwels verwys word as die Oranje Ekonomie, gee plaaslike filmprodusente en ander kreatiewe praktisyns nuwe energie. Ingevolge die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan is die sektor as 'n strategiese ekonomiese pilaar verhef. Die staat verbind beleidsaandag, befondsing en institusionele ondersteuning om hierdie…
20 Feb 9AM 1 min

Hoe staatshospitale staatswerkers gaan hanteer is duister

Terwyl die sperdatum van 1 April nader kom vir staatsamptenare om openbare hospitale te gebruik onder ingrypende hervormings aan die Mediese Hulpskema vir Staatsdienswerknemers, Psemas, neem vrae toe oor of die openbare gesondheidstelsel dit kan hanteer. Ongeveer 200 000 staatswerknemers en begunstigdes kan geraak word. Die uitvoerende hoof van die…
20 Feb 9AM 1 min