
Krieket: Australië nie in sak en as nie
Loading player...
Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan probeer om ʼn totale reeksnederlaag te vermy wanneer hulle op Tweede Kersdag in Melbourne die vierde toets aandurf. Stokes sê hulle wil die reeks op ʼn positiewe noot afsluit:

