
Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank
Loading player...
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van die 95 wangedragsake is afgehandel. Schreiber sê geen korrupsie is aanvaarbaar nie en die teen-korrupsie-optrede herstel integriteit en versterk die aanspreeklikheid in die departement:

